Monday, September 8, 2008

MIch to Mom

Die kinders verlang maar ek en Hugh het vanoggend in die kar gepraat toe se hy die tyd het baie vinnig verby gegaan! Ons verlang ook maar hier, die huis is baie stil.

Snoeks slap maar elke aand tussen my en Aileen se voete, maar dit raak nou baie warm. Dit is vandag 34 grade, hugh kan nie wag vir die eerste reen soda thy kan swem!

Die muise is weg, Brenton het dit eers terug gebring omdat dit sy kamet laat stink, toe los Hugh hulle buite omdat hy weet hulle mag nie in die huis kom nie en toe eet die muise hulle…Hugh was sad maar hys kla oor dit!

Mom to Mich

Waar was Phillip die naweek? Wat het met die rotte gebeur? Het hulle Nike's R750 elk gekos???
Ek is so bly julle bederf Aileen so!! Ek het vir haar Hannah Montana alles gekry, aar jy mag nie vir haar se nie!! Dit is so makli om vir haar goedjies te koop, ek weet regtig nie wat om vir julle almal saam te bring nie - ek dink die teleurstelling gaan maar groot wees. Ons het tot nou nig nie eers 1 skaakstel gesien nie, wat nog vAN 'N ORDENTLIKE EEN!!!!!

Hierdie laptop van Heino werk so lekker. het Zel toe lekker verjaar? Het hy al sy Audi gekry? Het jy al uit gevind van die 2 oornag plekke in Mosambiek - heoveel hulle vra omte oornag. anders moet jy maar vir pieleman bel en weer die nommers vra, asb.

MIch to Mom

Baie goed dankie, Hugh het ‘n baie lekker nweek gehad, ons het gaan ten pin bowling vrydag en saterdag he thy saam Marc ramps en goed gaan bou en gister gaan fliek saam Brenton. Aileen het gister saam ons by my male gaan braai, sy was so bederf, sy wou ie huistoe gaan nie! Wil tannie al huistoe kom?

Mom to MIch

Michelle,
Dit gaan baie goed,dankie!! Ons RV al te lekker, wil nou gaan shower. Dit is nou 11 uur Sondag aand en die son het 10 uur gesak. Ek weet nie hoe slap hierdie mense as di son so laat eers sak nie. Hoe gaan dit met my kuikens?

Friday, September 5, 2008

Woo...

hey jet setters!!! wou net se ek mis julle ongelooflik baie en hoop julle geniet julle self nog gate uit!! het julle email gelees en dit klink ongelooflik lekker! hier gan als nog aan soos normaal... baie werk min tyd! ma ja, ek is nie vreeslik picky oor wat julle koop nie, so lank dit net my sal herhinder waar julle was en dit met liefde gekoop is! (ek weet dit is altyd met liefde gekoop in any way!) ma velang baie baie baie en hoop die tyd vlieg nie te vinnig vir julle verby nie, ma hier moet dit ma net! luv u loads en loads en gee maar vir mekaar drukies en soentjies van my af...
luv wendy woo = )

Mom...

More almal,
Ek weet nie hoe hierdie gmail werk nie, so as ek nie antwoord nie is ek sorry, dit voel vir my ek lees net al dieselfde nuus oor en oor!!
Ek het gaan uitvind van almal se parfuum, maar hier is of net outannie parfuum of julle parfuum is te exclusive! Ek kyk weer in New York of op die vliegtuig op pad terug.
Hier is stunning Guess handsakke op die boot maar ek dink dad kry 'n hartaanval as ek koop, hy mor alklaar oor die gewig en waar ons alles gaan inpak. Dinge het so bietjie verander omdat brandstof so duur is, op party plekke betaal jy vir elke tas wat jy inboek.
Ons klim more oggend van die boot af in Seward en dat ry ons met die Grand View trein Anchorage toe waar ons die RV kry. Ons weet nie wanneer ons dan weer internet sal he nie. Ons kan glad nie bel nie, al is ons op land, Vodacom het geen opvangs hier nie, maar ons is wat hulle noem in die "last frontier" - in Afrikaans beteken dit maar net baie ver van die beskawing af!!!!!! Stuur maar mail, daar is nou weer 'n nuwe ondervinding wat wag, ons weet nie wat om te verwag nie.
Ons was vanoggend by die Hubbard Glacier - nee dit is nie vernoem na 'n pampoen nie, maar na 'n priester wat hier gewerk het. Nie dat ek weet hoe enige mens hier kan leef nie. Dit was ongelooflik, ons was 0.3 myl van die glacier af. Die ys kraak en beweeg die hele tyd, 'n mens kan dit nie sien nie, mens kan dit net hoor - dit klink soos verskriklike donderweer in die verte. As van die ys stukke voor in die see val, is dit 'n verskriklike slag, ek wil hierdie geluide nog onthou as ek 80 is, ek was so emosioneel. 'n Mens besef hoe nietig en insignificant ons eintlik is, soos 'n miertjie in hierdie grote uitspansel. Die stukke ys wat in die see val is tot 'n duisend jaar oud, en die gletset regs van Hubbard is 120 myl lank, en strek tot in die Klondike in Kanada. Ek wil al hierdie goed wat ek geleer het, google as ek by die huis kom - grevasse en moulan, dit is verskillende bewegings in die ys, dit is wat dit so gevaarlik maak, en dit is so blou, sal verduidelik as ons by die huis kom. Dit is onmoontlik om al hierdie goed te beskryf. Ek het vanoggend vir dad gevra wat moet mens sien om hierdie "ekspedisie te verbeter, en ons albei dink daar is geen manier om te verbeter op wat ons hier gesien en beleef nie. Dit is 'n baie duur vakansie - die excursions met helikopters/floatplanes is baie duur, maar die vevoermiddels is in Alaska meer algemeen as motors. Die meeste van hierdie dorpe het nie paaie uit die dorp uit nie, uit Jenaeu kan jy met 'n vliegtuig kom. In Skagway is daar die laaste 22 jaar geen babas gebore nie - daar is nie 'n hospitaal nie, die vrouens moet van die 6de maand af in Jenaue gaan woon tot die baba se geboorte!! Ons het gister killer whales, whales en bruin bere gesien. Die omie wat ons gevat het se dogter woon in Jenaeu - as hy vir haar gaan kuier, neem hulle die ferry waarop hulle motor ook gelaai word.
Hierdie is nie 'n vakansie nie, dit is 'n experience!!!! Ek sal nooit hier kan bly nie. Hulle kry net 5% son deur die hele jaar en in die somer drizzle dit omtrent die hele tyd omdat dit in 'n rain forest is. Soos die een man hier in Icy Straight vir my se, hulle sal wat wil gee om net weer 'n slag die sterre te sien!
Hier by Hubbard le die hele see vol stukke ys net soos wat mens dit op tv sien, geen kamera kan waar laat geskied aan wat ons beleef nie.
Ek gaan kyk of daar 'n walmart is in Anchoage, dit is omtrent die enigste plek waar ek kan dink ek hannah Montana goed vir Aileen kan kry. Ekk het so geintresseerd graak in die Amerikaanse presidents verkiesing, ek wil dit heeltyd volg op CNN. Is daar nog genoeg plek vir al ons TV goed op die PVR? Julle kan Glitterati en kwela delete as dit nodig is.
Lief julle en mis julle almal!!
Gisteraand was die see baie rof - hier was heelwat seesiek mense op die boot - dad inkluis!!
Soet wees, love u all. Leef Wendy nog? Zellie jy moet BAIE lekker verjaar, ons gaan probeer bel van 'n gewone foon af, maar kan niks belowe nie. Dis reg met die make-up kurus, jy en Rykie moet asseblief saam gaan daarvoor. Ek koop nie klere nie - hier is nie plekke vir klere nie, en die wat nice is is vir koue plekke bedoel - niks spaghetti bandjies, kostuums en sulke goed nie - hier is truie, baadjies serpe en gloves - DIS AL!! En onthou dit is somer hier!!!
Hierdie mail gan my weer 'n fortuin kos, maar ek het so baie om te vertel - ek dink ek gaan sonsteek kry as ek by die huis kom!!
Lovies julle, drukkie my kleintjies!!!!

Thursday, September 4, 2008

Mom to Bron.

Wow, you were the bond girl - the colour looks great on you

Mom to Ruargh..

Ruargh,

Ek kry vir jou....... die glaziers is onbeskryflik....... het jy al een gesien??

Ruargh to Mom,

Hi Elrieta,

Nog net uit die vliegtuig oppad na Mexico (ons het oor Groenland gevlieg) en soos met Murphy was my kamera in my tas!
- Dit was regtig asemrowend!

Ruargh

Cat and Jo1...

Hi Holiday goers....

Dit klink asof julle dit baie geniet...ek is so jaloers, maar nou ok by gese, dink ek nie ek sou die koue kon hanteer nie.
Maar julle is omtrent gegear en dan kry julle nog koud...liewe genade..

Hier gaan ding fine, net baie besig met werk ens. Is die laaste ruk net baie moeg maar ek dink dit was die spanning van die check up. Wel, die goeie nuus is, is dat alles 100% fine is.

Johan is omtrent nou in n baba mode....hy soek nou ene met n seer hart, so smaak my ons sal dan plan moet maak...hehehe.
Verder het ons nie veel nuus nie, maar ek weet julle het baie om ons te vertel.

Hoop julle geniet darem elke oomblik van die holiday, want julle verdien die tydjie saam...dis soos n semi honeymoon, of hoe
se julle. Laat weet maar wanneer weer terug is in Sunny SA sodat ek alles kan hoor.
Baie lief vir julle en verlang my dood na julle. Geniet die res van die holiday en soet wees!!

Lots of love, Muis en Johan

Wednesday, September 3, 2008

Mich...

Hi Tannie,

Dis ‘n groot plesier, alles loop sover nog volt geen probleme!

Izell se sy het tannie vandag gemail!

Al die betalings is gedoen en ons het vandag gaan groceries koop.

Ek is so bly hierdie vakansie doen tannie en oom nevill so goed nou kan oom Neville ook dien dat sy ouderdom net ‘n getal is en eintlik niks beteken nie!

Ek gaan nie die naweek hier wee swat tannie hul terug kom nie, ons gaan plaas toe saam Louis se male en my male maar ek sal vir Linah en Marc dieboodskap gee!

Geniet die laaste paar dae ek kan nie wag om die dvds te kyk nie!

Baie liefde!!

Mom

Oe, dis so lekker om van julle te hoor!! Vra asb. my kleintjies om my te mail en help hulle asb!!!! Verlang hulle darem bietjie na ons? Ek kan nie weer so lank mail stuur nie - gisteraand was 40 doller!!

Ek en dad was vandag op 'n ander planeet...... ons het met regte ys skoene vir 'n uur lank op 150 jaar oue gletser geloop, dit was amazing, iets wat ek nooit ooit sal vergeet nie!! Hier is lekker jobs vir jou en Marc in die somer maande, Marc sal dit love hier. Vanmddag het ons gaan river raft, moerkoud, Dad se hy het in sy lew nog nooit so koud gekry nie. Julle sal ons foto's sien, en julle sal maar geduldig saam met dad al die dvd's moet deursit, hy het weer vandag een gekoop van die Menendall glazier waarop ons was - ek het so na julle verlang daarbo!

Stuur asb. dringend tannie Francis se adres in die telefoon boekie, ons het vandag vir julle ook 'n poskaart gepos, wil kyk hoe lank vat dit om in S.A. aan te kom.

Vra Zellie om my asb. te mail. Julle moet my elke dag mail, ek verlang. Ek en dad geniet mekaar baie, vandag was 'n baie special dag vir ons altwee.

Ek mail weer more.

Groete en drukkies vir almal!! Wat kan ek vir Linah bring???

Hugh & Aillentjie moet my seblief mail a.s.a.p.

Lovies,

Mamma

Bronwyn...


Ahhh man its sounds sooo cool…. I can just image you lying in the snow screaming with laughter after falling off the sled!!!!

And no, I can’t imagine you all dressed up in jackets and winter accessories – I want to see the photos when you get back!!!!! J

The meeting yesterday was fine – it ended up been a marketing session where everyone through in tons of ideas. I have mailed you on all important issues so you’ll have quite a few emails to go through when you get back to catch up on what’s been going on…. But leave that for now – YOUR ON HOLIDAY!!!!!!

Gosh, perfume is my weakness – but its sooo expensive!!! My favourites are Woman by Hugo Boss or, Flower by Kenzo… but you really don’t need to spend money on us – a small souvenir will suffice – thank you!

Maryke likes Tommy Girl, and Veronica’s favourite is DKNY (the long bottle)… again, these are really expensive gifts – so please don’t break the bank for us – just something small would be hugely appreciated!

Ruargh’s request ZIRH Clean face wash, it’s a bit expensive ($15)… ha ha ha, he makes me laugh…. I think he is going to reply to you himself anyway…

Wow, communication is expensive – so won’t keep you any more!

Oh one more thing – I went Corne’s farewell party which was a James Bond 007 theme and we had to dress up. Maryke (White) borrowed me her Aquamarine colour dress that ties up – the one you had made (that nice one she came to show us here at the office) – I was the only person not in black, but hey I did not mind standing out…. But no-one took a nice full length photo of me…. Partied till 4am. See attached pic…


Love

Veronica...

Hi Elrieta

I just received your mail; Bronwyn forwarded it to us this morning. It is Tuesday morning by us just incase you were wondering!

It sounds like you are having a ball…I am so envious. I am very glad you are enjoying yourself; I really think you needed it! Everything is still hunky Dory over here, we had a spring day competition and our office looks amazing, I will forward a photo quick!

I must say the office is pretty quiet without you and I now understand why you freak out if everything is too ‘relaxed’ it feels like we forgetting something or that we should be panicking about something we forgot! I think the day before you come home, we will be scurrying around, making sure all our tasks have been completed, you know how it goes! Enough about work though!

I hope you will be bringing lots and lots of photos, I am very curious to see the landscape as well as the cultures and the different people. It sounds like there is a lot of history in that part of the world, it all sounds so exciting! I can’t wait to hear all the stories!

You must have a gorgeous day and not think about work or M&T for one second! Send regards to Neville!

Lots of love

Veronica

Mich...

Hi Tannie,

Dit gaan baie goed hier by die huis, almal is happy, daar was nog geen fights of enige iets (nie eers Izell en Maryke nie). Philip was die hele naweek hier by ons, Leon het hulle Sondag kom haal en Roodeplaat dam toe gevat, Hugh het dit baie geniet! Ek en Aileen het gister bietjie Hannah Montanna gekyk en Muffins gebak!

Ek gaan vir Zellie ‘n R300.00 voucher by Accessorize kry van Hugh en Aileen af as dit reg is met tannie? En dan gaan ons haar maar Saterdag aand uit vat vir ete by ‘n restaurant van haar keuse want niemand van haar mense is hier nie.

Ek en Louis en Marc en Maryke gaan vrydag die kleintjies vat vir ten pin bowling en ‘n pizza.

Ek sal bietjie dat Hugh en Aileen ook email vanaand.

Die huis is maar stil hier sonder tannie en oom Neville, ek, Aileen, Hugh en snoekie slap elke aand in tannie se bed want my bed is net te klein J

Eks bly om te hoor dat als goed gaan daar en dat tannie hul dit geniet, ek kan nie wag om die fotos te sien nie!

Ek sal vanaand bietjie fotos stuur!

Lovies,

Michelle

Mom

Bron,
It feels as we have been away from home for weeks now - we have experienced soooooo much in these few days. Yesterday I walked on a glazier with real ice shoes with the spikes on, and dog sledding today. Needless to say I fell off the slay and took my poor hubbie with me!!!! He,he, it was so funny, but he was upset with me, had to keep his pose in front of the musher. The landing in the snow was oh, so soft!!.. Last winter's snow - still hasn't melted, so glad to hear there is still a sun in Africa - we haven't seen one since we arrived here. Can you imagine me wearing TWO jackets, beanie and gloves???

I will defnitely have verbal diarree when I get home, but when I shop I have you guys in mind all the time!! There is not really great shops in Alaska, but I can buy you duty free perfume, so please let me know what you girls want. and Ruargh?

It is so expensive to mail - every time I spend half an hour on the net cost about R200!!

Miss you all!!

Elrieta

P.S. I am sure your agents meeting was a huge success!!

Mom

Michelle,

So baie dankie dat julle die fort so mooi hou daar!! Se asb. vir Zellie sterkte vir die toets, en dat syons asb. ook moet mail, ek verlang na haar! Vra watter parfuum sy wil he??

Het jy al my goed betaal? Kyk asb. dat niks gehop het nie!!

Ons koop maar simpel klein goedjies, hier is nie regtig winkels nie, behalwe soevenier winkeltjies. As die boot vertrek, maak al die winkels dadelik toe en die mense gaan huis toe. Vandag dog sledding gedoen - onbeskryflik!!!!!! Moerduur gewees, maar elke sent werd! Kan jy glo oom Neville doen al die weird goed saam met my. More wil ons gaan ipglade as ons kaartjies kan kry. Dit voel of ons al weke van die huis af weg is - nie oor die verlang nie, maar oor alles wat ons in so ;n kort tyd beleef het. Ek is so bly ons het gekom, dit doen my en omm Nev ook baie goed!!

Heino en Marc moet vir ons skaap tjoppies braai die aand as ons terugkom - almal moet by die huis wees, en Linah moet vir my pap maak en vir dad aartappels in die oond. Hier op die boot is mense wat ouer is as oom Nev en nog nooit skaapvleis geeet het nie!!!!

Ek mail weer more - ek was vandag in 'n sprokie, ek is so bang ek vergeet enige iets van wat ons die laaste 2 dae beleef het.

Se asb. vir my Zel kind sy moet my mail, en vra Maryks hoekom hoor ek niks?

Lief julle almal - se asb. vir Marc en Heino dis moeilik om vir hulle persente te kry. Die naaste is van daai broeke waarin hulle slaap?? Met moose. deers, bears en whales.

Lovies,

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

Ons

Rykie..

Hellooo Mommy,

SOOOOOOOOOOORRRRRRRRRRRRRYYYYYYYYYYY!!!!!!!!!!!

Dis einde van die maand, maandag, ons was die naweek weg en daar is 2 eenhede wat nog nie huurders het nie - so dit was omtrent 'n blou maandag!!! But I managed to sort everything out en ek gaan nou lekker bad, maar moet eers my mommy mail.

Dankie vir die mail was so lekker om vir 'n slag ordentlik iets te hoor. 1st things 1st - 1 rok en 2 skoenne - interessant..... Ha ha - sorry kry 'n kick daaruit om die language guru te "correct"... :)

Dit klink of julle omtrent 'n avontuur van 'n holiday het - ek het klaar moms se mail geblog so everyone can keep updated,,, Hou net op worry of als okay is want ma is anyway te ver om iets daaran te doen - so just relax and enjoy your hubby's company - you only have it for 12 more days!!!!!

Ek wil baie grasag daai storie van die Miss 60 jeans hoor - ek wens iemand aan hierdie kant het dit record - marc wat staan en my middel meet met Hugh se Ntendo charger en dan so presies soos net 'n man kan die tou meet met die liniaal - hy werk dit toe sommer uit ook - "Babe 82cm is 32 inches"....

Ek is bly julle bel ons nie - not to sound in insincere maar teen amper R50 per minuut en so baie kidz om mee te praat sal dit meer wees vir oproepe as vakansie...

Ek kannie glo julle het nog nie eers 'n Walmart gesien nie maar dis beter - dad shop nie 3am in die oggende nie, en ek en Cathy sal baie betrayed voel....

Kanada is beautiful ek het al fotos gesien - en julle mag net weer gaan as ons saamgevat word...

Ek is bly om te hoor julle shop nie baie nie - julle het nie op vakansie gegaan om vir ons te shop nie - julle moet chat en fun he en ophou so verlang - maar ek moet se ek het vandag baie na mamma ook verlang - daar is darem niks beter as 'n mamma se drukkie om jou te laat beter voel en te onthou dat dit okay gaan wees nie

Maar nou vir die lekker nuus - DIE TROUE - dit was amazing die plek waar ons gebly het was soooooo stunning julle moet soontoe gaan - dis 'n 6 ster lodge met 'n spa en sulke baddens en massage beddens waar jy buite le as hulle jou massage en dan kyk dit en die swembad alles op 'n groot water gat uit!!! Crazy beautiful....... Elke sent die moete werd - maar ek sal nou nie so ver gaanom 'n R200 duisend rand se troue daar te hou nie - so relax i am still with my original plan. %:30 opgestaan vir 'n game drive - was sooo nie lus nie - dis net bokkies - toe sien ons leeus en hulle 6 welpies wat besig is om 'n halwe zebra te eet - so naby die leeu vat letterlik 5 tree dan hap hy een van ons ook - en so 24 olifante wat net hier by ons verby loop so naby jy sien omtrent hulle wimpers - dit was crazy en was saam met mense van die Uk op die drive so dit was baie entertaining om hulle comments te hoor en reaksie te sien... Dis toe afgesluit met lekker koffie langs die watergat met die hippo's wat net hier by ons in die water chil so met sonsopkoms... Baie cool.... Anyway lekker gekuier, Rowan het baie mooi gelyk en hulle speeches was regte trane trekkers, almal het woes hard en lekker gekuier, en toe lekker die volgende oggend gelag met bfast en almal wat nie hulle sonbrille kan afhaal of hulle skoene kan aantrek nie ( voete was te seer gedaans). Tracy was omtrent harde werk die naweek (dis mos haar boetie wat gerou het) maar ek kan ma 2 dae besig hou met haar eskepades, sommer laat en kaalvoet en die middel van die "service" daar in die opelig "in" gewals.... Sy kom soo nie na my troue toe nie!! Ha ha....

Anyway mommy verder is daar nie regtig veel nuus nie - same old - als is vandag opgevolg en gemail - enigste ding is ek kom nie deur na Barry toe by die kantoor om te vra oor die brief vir Charles se stands nie (wat is die stand nrs by the way) so if you could plz advise - hulle sit my deur as ek vra vir Barry maar ek kom nie deur nie....

Ek werk aan al die opsies en volg die mense op, bel mms'e en email replies - het ook al die kanselasies gescan en gestuur maar party mense het vandag laat weet hulle geld is nog nie in nie so dalk kan ma my net se met wie ek by die kantoor daaroor kan hoor.

Ek is baie jelous op julle partners teaching class - dit klink so coll - nou kan julle ons bikie tips gee as julle terug kom...Lav julle baie - gee vir dad groot drukkie van my af en se hy moet mom groot frukkie van my af gee - laat weet ons hoe is die dog sleigh (hoe ookal jy dit spel) ding en al julle ander exciting adventures....

Baie baie lief vir julle...MWa mwa mwa mwa mwa mwa

Ruargh

Hi Elrieta,

Sal kort skryf as dit so duur is… moet maar tik en lees op pc, copy na memory stick, en dan net online send & receive.

Ek is so vreeslik jaloers op julle!

Julle het seker gehoor: dit het gestorm en gesneeu hier in SA ook op lentedag!
à Julle moet asb. ‘n punt daarvan maak om ‘n beluga whale, polar bear, die glaciers en die eskimo dorpies (Shishmaref) te sien voor daar niks meer oor is nie (global warming)

Duty free: Asb. ‘n bottel ZIRH CLEAN as hulle het – sal die geld terug gee! ($14)

Anyway, dis lekker stil in die kantoor maar ons mis die opwinding!

Mooi bly, groete vir Neville.

Regards,

Ruargh Steyn

Bronwyn..

Hi Elrieta and Neville

Your holiday sounds totally awesome. I sent your email to the group and to Gustav… we are all green with envy!

All is fine here at the office – its been very busy and I’m barely getting to my work with all ‘your’ distractions that now come my way… he he…. The phone does not stop… But it’s a challenge and you know how I enjoy those.

Spring day was a huge success… I decided to use the remaining R200 Office Buzz money we had and hold a competition (with Irene’s approval of course), to see who decorates their department the nicest… WITHOUT using company funding… The prize was free pizza on Friday for the winning team. Well, needless to say, some departments went to town and it all looked beautiful! It was impossible to judge so Manja motivated to Irene to buy pizza for all departments who participated, which she agreed…. Was excellent!!!!!

No gossip or juicy news from this side…

Shame Veronica’s wisdom teeth are pushing through and the poor child was in such pain yesterday she had to rush off to a dentist who needs to operate as soon as the infection goes…. Good motivation for a medical aid!!!! Shame but she was in agony yesterday – now she’s on strong painkillers and antibiotics so feeling a bit better….

Enough about this place… I look forward to hearing you tales of this great adventure you have embarked on!!!!!

Chat again soon…


Love
Bron

Hugh...

Hallo Mamma and Buddy,

How are you? I miss you a lot can’t wait for you to come home! I am doing very well at school look at my test marks.

Maths 18/20
Spelling 42/47
Natuaral Science 26.5/30
Tables 39/40

We are going to play ten pin bowling Friday and Michelle is buying me yugio cards because I did well in my tests. Aileen is naughty (joking) she also misses you but plays with Michelle and Megan. She listens to her radio every night. Have you bought me anything yet?

Love you lots like jelly tots.


Hugh

Aileen..


Monday, September 1, 2008

At last I might have contact with the world out there!!

Just an update to all the fam - our 1st news from mom and dad ons their trip to San Francisco and their cruise through Alaska...

More/middag/naand julle,
Uieindelik het ek 'n manier gekry om kontak te maak!! Die selfoon werk soos in glad nie, moenie eers probeer nie. Mail maar, en stuur asb. vir my 'n foto/s van julle almal waarna ek kan kyk!!!
Dit is nou Sondag aand hier en ek verlang vreeslik huis toe- dis vir my baie erg om nie te kan bel nie, as ons van die skip af bel kos dit R49.00 per minuut. En die tyd is 'n ander probleem soos julle weet, ons is nou nog 'n uur meer agter julle.
Anyway, dit is stunning, onbeskryflik, fabulous, al die byvoeglike naamwoorde waaraan 'n mens kan dink! Ons was vandag in Ketchigan waar dit net 5% dae van die jaar nie reen nie, en vandag was een van hulle - dit is die 4de grootste stad in Alaska met 12 500 inwoners, en in die 6 toeriste maande kry hulle sowat 750 000 toeriste. Vandag toe ons almal terug op die boot is toe maak al die winkels toe want daar is niemand om iets te koop nie. (Behalwe seker die kruideniers winkels waarvan ek nie een gesien het nie.
Ons het vanoggend met 'n "floatplane" gevlieg, dad se droom. Ons het op een plek op ';n lake gestop en net daar uit die vliegtuig geklim en op sy "pote' gestaan om foto's te neem. Dit is onbeskryflik mooi hier, heeltemal anders as waaraan gewoond is. Hier is altyd wolke in die lug, en altyd "fog", soos in San Francisco ook. Daar was ons net so gelukkig, ons het 2 stunning sonskyn dae gehad wat blykbaar ongewoon was.
In SF het ek en Dad ons oor 'n mik geloop, en die bulte is styl, ek het of die hele tyd in my skoene moes briek of geblaas om bo te kom! Alcatraz was ongelooflik interressant - ons het baie foto's geneem, ek dink dit kan 'n stunning speech of projek vir Hugh wees. Toe ons daar kom was daar 'n gids wat vertel het van die 14 escape pogings, en een van die bankrowers wat daar in die tronk was het 'n boek geskryf en dit daar in die boekwinkel gesit en onderteken. Hulle lyk wraggies net soos gewone mense!! Ons sal julle meer van die tronk vertel by die huis, die water is so koud hier in die Stille oseaan, as hulle probeer ontsnap, kom hulle self terug tronk toe omdat dit te koud is om te swem!
Kanada is die plek waarna ek beslis wil terugkom - die mense lyk soos Suid - Afrikaners, hulle is so vriendelik (selfs by doeane!) en die pel is prentjieboek mooi!! Dit het die hele 24 uur wat ond daar was gereen, maar ons het 'n "Big Bus" geneem en 2 ure deur die stad gery om 'n vinnige idee te kry. Hulle het 'n park, Stanley Park wat 20 keer groter en mooier is as Central Park in New York. Omdat dit so baie reen hier, hang al die strate vol mandjies impatients ( die blommetjies waarvoor ek in die somer so lief is maar wat by ons net in die skaduwee groei), Stanley Park het beddings en beddings vol blomme en mere, hier is net ongeloofli baie water - ORAL is net water, seewater en varswater mere.
Die storie van die "miss sixty" jeans is ook ';n storie vir die huis - letterlik agter die broek aangeloop soos ek en Michelle agter rooi handsakke aangeloop het in Phuket!!
daar is so baie om te vertel, dit is onmoontlik om dit in hierdie duur minute vir julle alles te beskryf - Golden Gate bridge is awesome, the most crookedest street in the world, Lombardstreet, is ook pragtig, hier is baie toeriste oral, van oral in die wereld. Natuurlik weer 'n hele paar SA's op die boot. Maryke onthou dat ek jou vertel van die art aanbieder op die boot, al die pad avn Kempton Park af!
Bronwyn, please tell Gustav to book immediately, he will not regret it for a second!! I hope everything is fine at work - if you can just be so kind to tell Irene that there is NO reception here. The people from England have sometimes, but I think we are just to far from home. You can mail me if needed, but I am sure there is nothing that uou guys can not handle. In thses 2 weeks I am going to ride everything but a Quad bike, so Saturday the 13th will round it off for me nicely!!
More oggend is ons in Janeau, dan gaan ek en Dad vlieg na 'n glazier en 'n uur lank oop die sneeu loop - onthou nou dit is laas winter se sneeu - die word net nooit warm genoeg hier vir die ys om te smelt nie. More middag gaan ons "riverraft" kan julle dit glo? Dad riverraft, en hy gaan saam met my dogsledding doen en op die hoogste zipliner afgly. Kaartjies is klaar bespreek.
Nou ja, ek kan julle 'n dag lank besig hou! Ons kan nie glo ons is more eers 'n week van die huis af nie, ons het in hierdie week soveel gesien en beleef, dit voel of dit weke is!! Ek was vandag baie homesick, dis vir my erg om nie een van julle se stemme te hoor nie. Dit is baie lekker met Dad, ons 2tjies so alleen. Hierdie is defnitief nie 'n vakansie vir klein kindertjies nie.
Die boot is baie soos die vorige een behalwe dat niemand swem nie omdat dit so koud is. ek en Dad het in die spa vir 'n "Partners massage teaching class" gegaan, dit was baie special, en ons het al jacuzziin die solarium. Wat lekker is, is dat almal maar hier soos ekke lyk, die selluliet dril maar erg hier, veral met al die etery wat daarmee saamgaan soos julle weet. Ek verras myself, ek eet in die middag net slaai en in die aand vrugte en kaas. Ek dink nie ons is die keer so uitgehonger vir ordentlike kos soos die vorige keer nie. Dad raak ook soms duiselig want die boot rock maar soms lekker. Groen appels help blykbaar. Hier kekkel ek al weer!!
Se asb. vir my kuikentjies ek verlang vreeslik en gee hulle asb. 'n vet druk en soen van hulle mamma en pappa af. Ek hoop die groot kuikens geniet die :ball" sonder ons, maar ek mis julle ook, veral met die shopping deel - dit gaan maar bietjie moeilik om saam met dad te shop!!
Lat weet asb. wat se parfuum julle wil he. Hier is stunning Guess handsakke op die boot, maar ek weet nie of ek gaan koop nie, sal maar sien. Ons kry nie eitlik baie tyd om te shop nie, en die klere hier is vir koue winters bedoel, nie goed wat julle sal dra nie. Laat ek dit sagkens stel, ek het nog nie 'n boetiek winkel hier gesien nie!
Bronwyn, please ask the girls about perfume, if I can afford I will buy, en please ask Ruargh if he needs a special flavour for all his favours?
Maryke/ Michelle, stuur asb. hierdie mail vir Cathy en Woo ook, maar mail my hulle adresse, ek het dit nie op hierdie gmail rekening nie. Laat weet my asb. wat hlle ook wil he, hier is nie veel ander goed wat ek vir julle kan koop nie, dit gaan maar 'n teleurstelling wees vir julle as ons by die huis kom, selfs nie eers vir die kleintjies vreeslik gekoop nie, ons het nie eers 'n Wallmart gesien nie.
Ek sal nou elke dag mail check/stuur tot Vrydag dan moet ons maar weer sien van daar af. Laat weet dringend dat julle nog almal ok is, asb!!
Lovies julle!!! ( Hoeveel kontrakte vir hierdie maand ingegee? Michelle moet asb. die geld oorbetaal soos gereel en julle almal betaal en al my rekenings betaal en geld oorplaas in die FNB rekening,asb.)
Ek mis julle vreeslik maar hou BAIE lekker ekspedisie - hierie is nie 'n holiday nie!!
Lovies,
Mama en Dad.